David Foster Wallace, beroemde skrywer en kollege-professor, was geskok oor die swak skryfgewoontes van sy studente. Terwyl hy oorweeg het hoe hy hul vaardighede kon slyp, het ’n ontstellende vraag  by hom opgekom. Waarom sou ’n student luister na iemand wat so selfingenome, eng, en hooghartig is soos hy? Hy was terdeë bewus van sy hovaardigheid.

Die professor kon en het verander, tog kon hy nooit een van sy studente word nie. Toe Jesus na die wêreld gekom het, het Hy ons gewys hoe nederigheid lyk deur een van ons te word. Jesus het elke grens oorgesteek. Hy was oral tuis deurdat Hy gedien, onderrig en die wil van Sy Vader gedoen het.

Selfs toe Hy gekruisig word, het Hy gebid dat sy teregstellers vergewe word (Luk. 23:34). En terwyl Hy Hom vir elke folterende asemteug ingespan het, het Hy die ewige lewe aan ’n misdadiger langs Hom toegesê (vv. 42-43).

Waarom sou Jesus dit doen? Waarom sou Hy mense soos ons tot Sy dood toe dien? Die apostel Johannes weet. Uit liefde! “Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê.” Dan beklemtoon hy: “Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê” (1 Joh. 3:16).

Jesus wys ons dat Sy liefde ons trots, ons selfvoldaanheid, ons hooghartigheid uitwis. Hy het dit op die kragtigste manier moontlik gedoen. Hy het Sy lewe afgelê.