’n Aardbewing met ’n omvang van 9 op die Richterskaal en die daaropvolgende tsunami het in 2011 ongeveer19,000 lewens geëis en 230,000 huise in die streek noordoos van Tokio verwoes. In die nadraai daarvan is die Nozomi-projek gebore. Die doel van Nozomi – die Japanese woord vir “hoop” – is om volhoubare inkomste, gemeenskaplikheid, menswaardigheid en hoop in ’n God wat voorsien, te skep.

Die Nozomi-vroue deursoek die puin na stukke gebreekte porselein, wat hulle dan skuur, monteer, in juweliersware omskep en wêreldwyd verkoop. Dit lewer ’n inkomste aan die vroue terwyl hulle simbole van hul geloof in Christus met ander deel.

In Nuwe-Testamentiese tye was dit die gebruik om waardevolle items in eenvoudige kleipotte te versteek. Paulus beskryf hoedat die skat van die evangelie in die menslike broosheid van Christus se volgelinge bewaar word – in potte van klei (2 Kor. 4). Hy gee te kenne dat die power, en soms selfs gebroke houers van ons lewe, God se krag kan geopenbaar.

Met God in ons, ook in die onvolmaakte en gebroke dele van ons lewe, skyn die helende hoop van Sy krag dikwels duideliker. Sy herstelwerk aan ons harte laat dikwels littekens van die krake. Miskien is daardie lyne die etse in ons menswees wat Sy karakter sigbaarder maak vir ander.