Woorde van bemoediging in die werkplek is belangrik. Die manier waarop werknemers met mekaar praat, beïnvloed kliëntetevredenheid, maatskappyprofyt asook onderlinge waardering vir mekaar. Studies toon dat lede van die mees effektiewe werkgroepe mekaar 6 keer meer erkenning gee pleks van afkeuring, onmin of sarkasme. Die mins produktiewe groepe maak ongeveer drie negatiewe opmerkings vir elke positiewe woord.

Paulus het deur ervaring geleer hoedat woorde verhoudinge kan vorm en uitkomste bepaal. Voordat hy Jesus op die pad na Damaskus ontmoet het, het hy Jesus se volgelinge met woord en daad geterroriseer. Teen die tyd dat hy aan die Tessaloniërs geskryf het, was hy ’n bemoediger danksy God se werk in sy hart. Nou het hy sy eie voorbeeld gebruik om sy lesers aan te moedig om mekaar aan te spoor. Hy het vleitaal vermy en hulle gewys hoe om ander te erken en die Gees van Christus uit te straal.

In die proses het Paulus sy lesers herinner aan die oorsprong van bemoediging. Hy het verstaan dat wanneer ons onsself toevertrou aan God wat ons lief genoeg gehad het om vir ons te sterf, het ons rede om mekaar te troos, te vergewe, te inspireer en liefdevol uit te daag (1 Tess. 5:10-11).

Paulus wys ons dat bemoediging ’n manier is waarop ander ’n voorsmaak kry van God se geduld en goedheid.