Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Xochitl Dixon

Vertrou God Al ...

As gevolg van ’n besering, ly ek aan kroniese pyn in my skouers en nek, en bo-rug. Gedurende die mees folterende en ontmoedigende oomblikke is dit nie altyd maklik om die Here te vertrou of te loof nie. Maar juis dan vertroos God se konstante teenwoordigheid my. Hy versterk en verseker my van Sy onveranderlike goedheid, onbeperkte mag en ondersteunende…

Aanskoulike Meesterstukke

My pa maak op bestelling uniek-ontwerpte pylekokers, waarin boogskutters hulle pyle hou. Natuurlewe-tonele word ook op die sagte leer uitgedruk voordat die koker finaal aanmekaar gestik word.

Tydens ’n besoek het ek hom eenkeer dopgehou en my verkyk hoe hy baie versigtig ’n skerp lem op die sagte leer vasdruk en rondbeweeg om die verskillende tonele te voorskyn te bring.…

Beproefde Getrouheid

Voordat ek en my man ons lewens aan Christus gewy het, het ons dit oorweeg om te skei. Ons wou God egter liefhê en gehoorsaam, en het ons weer aan mekaar toegewy. Ons het wyse raad gesoek en die Heilige Gees gevra om ons te verander, individueel sowel as ’n egpaar. Ons hemelse Vader leer ons steeds gesonde kommunikasievaardighede, hoe…

Die Krag Is In Ons!

Die harde knal het my laat skrik. Ek het my kombuis toe gehaas. Ek het per ongeluk aan die skakelaar van die leë koffiemaker geraak. Ek het die toestel se muurprop uitgetrek en die fles aan die oor gegryp. Ek het aan die onderkant daarvan geraak om seker te maak dis nie te warm om op die toonbank neer te sit…

Soet En Suur

Toe ons kleuter die eerste keer aan ’n suurlemoenwiggie gebyt het, het hy sy neus op ’n plooi getrek, sy tong uitgesteek en sy oë toegeknyp. “Suur,” het hy gesê.

Ek het gelag en wou die wiggie in die asblik gooi.

“Nee!” Xavier het van my af weggeskarrel. Sy lippies het met elke happie geplooi. Ek het gegril toe hy…

Ons Het ’n Koning!

Na kwetsende woorde aan my man toe ’n situasie nie na my sin verloop het nie, het ek die Heilige Gees se gesag afgejak toe Hy my herinner het aan Bybelverse wat my sondige gesindhede blootlê. Was die vertroeteling van my hardkoppige trots en die skade aan my huwelik of my ongehoorsaamheid aan God die moeite werd? Absoluut nie. Teen…

Kosbare Aanbidding

Ek aanbid en dien God deur te skryf – selfs meer noudat gesondheidskwessies dikwels my mobiliteit beperk. Toe ’n kennis sê dat hy geen waarde aan my geskrifte heg nie, was ek moedeloos.

Deur gebed, Bybelstudie en aanmoediging van my familie en vriende het die Here bevestig dat slegs Hy –  en nie die mening van ander nie – ons…

Oorvloedige Vrugte

Ek bewonder die vrugte in ons buurman se erf. Hul wingerd met groot trosse druiwe aan rank oor ons heining en takke vol pers pruime en oranje lemoene wink binne ons bereik.

Ons versorg nie die grond, plant die sade, lei die tuin nat of roei die onkruid uit nie, tog deel ons bure hul oorvloed met ons. Hulle aanvaar…

Ons Skuld Is Weg

Toe ek jonger was, het ek ’n vriendin na ’n geskenkwinkel geneem. Ek was geskok toe sy ’n handvol goed in my sak stop en my by die deur uitstoot sonder om daarvoor te betaal. Die skuld het ’n week lank aan my geknaag voordat ek na my ma toe is – my skulderkenning en trane het ewe vinnig gevloei.…

Weerspieël Godsliefde

Ek het die voorreg gehad om my ma te versorg gedurende haar behandeling by die kankerversorgingsentrum waar sy ingewoon het. Selfs op haar moeilikste dae het sy haar Bybel gelees en vir ander gebid voordat sy opgestaan het.

Sy het daagliks tyd met Jesus gespandeer en haar geloof betoon deur haar afhanklikheid van God, haar goeie dade en haar begeerte…