Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Amy Peterson

Die Geur Van Christus

Bob was moeg, warm en stowwerig na ’n lang busreis. Hy was dankbaar dat hy na ’n maaltyd saam met vriende van vriende wat in die area gewoon het, kon uitsien. Hulle het hom in hulle huis verwelkom en hy kon onmiddellik ’n gevoel van vrede ervaar. Hy het tuis, gemaklik, veilig en gewaardeerd gevoel.

Bob het gewonder hoekom hy…

’n Moedige Treurlied

Die Clifton Heritage National Park in Nassau, Bahamas, herinner ’n mens aan ’n tragiese era in die geskiedenis. Waar land en see mekaar ontmoet, is kliptrappe teen ’n krans uitgelê. Slawe wat in die 18de eeu dikwels hul gesinne moes agterlaat en per skip na die Bahamas gebring is, is met hierdie trappe na bo, waar ’n toekoms van onmenslike…

Prente Van Liefde

Ek en my kinders het ’n nuwe daaglikse gebruik ingestel. Net voor slaaptyd het ons ’n kers aangesteek en ons skryfgoed gekry. Ons het God gevra om ons pad te verlig, en in ons dagboeke antwoorde op twee vrae geskryf of geteken: Wanneer het ek liefde betoon vandag? En Wanneer het ek liefde weerhou vandag?

Om jou naaste lief te hê…

God Werk Dear Mense

My eggenoot se maandlange reis het nuwe eise en druk op my daaglikse roetine geplaas. Afgesien van my werk en ’n sperdatum vir ’n persoonlike essay, het die huis, ons kinders wat verveeld tuis was met vakansie en ’n stukkende grassnyer meer druk op my geplaas.

Toe kerkvriende opdaag om te help het ek besef dat ek nie alleen is…

Voor Die Begin

Tydens ’n Sondagskoolles oor die wonder van God se ewige natuur, word die vraag dikwels gevra: “As God geen begin of einde het nie en nog altyd daar was, wat het Hy gedoen voordat Hy ons geskep het? Hoe het Hy Sy tyd deurgebring?” My antwoord was altyd dat dit ietwat van ’n misterie is. Maar toe leer ek onlangs…

Klippe Van Herinnering

Sommige oggende wanneer ek aanlyn gaan, vertoon Facebook my “herinneringe” – dit is dié dinge wat ek jare gelede op daardie dag geplaas het. Die herinneringe soos die foto’s van my broer se troue of ’n video waar my dogter met my ouma speel, laat my gewoonlik glimlag. Soms het hulle ’n dieper emosionele effek. Wanneer ek ’n nota sien…

Die Geesdrif Van Hoop

Reginald Fessenden het lank gewerk om koordlose kommunikasie te vervolmaak. Ander wetenskaplikes het sy idees radikaal en onortodoks gevind en getwyfel of hy ooit sukses sal bereik. Hy beweer dat hy op 24 Desember 1906 die eerste persoon was wat ooit musiek oor die radio gespeel het. Fessenden het ’n kontrak met ’n maatskappy gehad wat koordlose stelsels op ongeveer…

Moenie Alleen Hardloop Nie

My man Jack het slegs veertig van die twee en veertig kilometer afgelê toe sy kragte hom faal.

Dit was sy eerste marathon en hy het dit sonder ’n hardloopmaat aangedurf. Nadat hy vir water gestop het, het hy uitgeput langs die baan gaan sit. Hy kon etlike minute lank nie opstaan nie. Net toe hy hom daarby berus dat…

’n Vreedsame Tuiste

Vyf en sestig miljoen. Dis hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is – mense wat hul huise weens konflik en vervolging moes verlaat – en dis hoër as ooit tevore. Die VN het leiers versoek om saam te werk en vlugtelinge te ontvang sodat elke kind ’n opleiding kan ontvang, elke volwassene ’n betekenisvolle werk, en elke familie ’n…

Onafgehandelde Werk

Met sy dood het die groot kunstenaar, Michelangelo, heelwat onvoltooide projekte agtergelaat. Vier van sy beeldhouwerke was egter nooit veronderstel om voltooi te word nie. Al het dit voorgekom asof die Bebaarde Slaaf, die Atlas-slaaf, die Ontwakende Slaaf en die Jong Slaaf nie klaar was nie, was hulle presies soos Michelangelo hulle wou gehad het. Die kunstenaar wou wys hoe dit voel…