Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

Helikoptersaad

My kinders was baie lief om die sade wat gedurende die lente van my buurman se silwer Esdoringboom grond toe getol het, te probeer vang. Die doel van die sade, wat soos helikopterlemme gelyk het, was nie om weg te waai nie, maar om op die grond te val en daar te ontkiem.

Kort voor Jesus se kruisiging was daar…

Hoeveel Meer!

Oswald Chambers het in Oktober 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog by Zeitoun, ’n militêre opleidingssentrum naby Kaïro in Egipte gearriveer. Dit was sy taak om as kapelaan Britse Statebond-soldate te dien. Daar het hy een weeksaand ’n diens gereël en 400 man het die groot saal volgepak om na sy boodskap oor wat die waarde van gebed is, te luister.…

Leef Anoniem

My verslete en voosgelese kopie van Jane Yolen se werk “Working Up to Anon” (Anoniem) was ’n uittreksel uit ’n baie oue “The Writer”- tydskrif. Volgens haar is die beste skrywers dié wat regtig daarna streef om deur middel van erkende outeursreëls ’n storie so te vertel dat die fokus eerder op die storie geplaas word en nie op die vermoëns van die…

Ontrafel Die Geheimenisse

Ek het nog altyd die humor en insig van die skepper van “Peanuts”, Charles Schulz, geniet. Een van my gunstelingstrokiesprente wat hy geteken het, het verskyn in ’n boek oor jongmense in die kerk. Sy skets beeld ’n jong man uit wat ’n Bybel vashou en vir sy vriend oor die telefoon vertel: “Ek dink ek het die eerste stap…

Word Wakker!

Word wakker en versterk ... wat op die punt staan om dood te loop. Wat julle doen, vind Ek nie goed genoeg voor ... my God nie. Openbaring 3:2

Gedurende die jare wat ek dikwels gereis en elke nag in ’n ander stad vertoef het, het ek altyd ’n wakkerbeloproep geskeduleer sodra ek by die hotel geregistreer het. Ek het…

Goddelike Onderbrekings

Kenners is dit eens dat ’n verstommende hoeveelheid tyd daagliks vermors raak deur onderbrekings. ’n Telefoonoproep of ’n onverwagse besoek kan ons, of ons tuis of by die werk is, maklik van wat ons as ons hoofdoel beskou, laat ontspoor.

Nie almal van ons hou van onderbrekings in ons daaglikse lewe nie, veral nie wanneer dit tot ongerief of ’n…

Klere Vir Die Klimaat

Terwyl ek die etiket aan ’n kledingstuk vir die winter verwyder, glimlag ek oor die bewoording op die agterkant: “WAARSKUWING: Hierdie innoverende produk sal maak dat jy in die buitelug wil bly.” As ’n persoon behoorlik geklee is vir die klimaat, kan jy die veranderende weerstoestande oorleef en selfs daarin floreer.

Dieselfde beginsel geld ons geestelike lewe. As volgelinge van…

Kyk Na Die Dirigent

Die wêreldbekende violis, Joshua Bell, het ’n ongewone manier om die Academy of St Martin in the Fields, ’n kamerorkes met vier-en-veertig lede, te lei. In plaas van om met ’n maatstok te dirigeer, dirigeer hy terwyl hy op sy Stradivarius saam die ander violiste speel. Joshua Bell het aan Colorado Public Radio vertel: “Selfs terwyl ek speel, gee ek…

Vertoef ’n Wyle

Tydens ’n bespreking van die rolprenttrilogie: The Lord of the Rings, het ’n tiener gesê hy verkies sy stories eerder in boeke as in rolprente. Toe hy daaroor uitgevra is, antwoord die jong man: “Met ’n boek kan ek daar bly so lank as wat ek wil.” Daar is iets te sê omtrent die krag om in ’n boek te…

Die Bediening Van Rou

Gedurende 2002, ’n paar maande nadat my suster en haar man verongeluk het, het ’n vriend my genooi om ’n “Groei Deur Smart”-werkswinkel by te woon. Ek het teësinnig ingestem om die eerste sessie by te woon, maar het geen voorneme gehad om terug te gaan nie. Tot my verbasing vind ek ’n omgee-gemeenskap van mense wat streef om, met die hulp van…