Vanaf my woning in Kolorado het ek onlangs die Google Kaarte gebruik om die omgewing van Nairobi in Kenia te verken en daar rond te loop. My familie het twee dekades gelede daar gewoon. ’n Sattelietbeeld op my rekenaar het my gehelp om paaie, geboue en ander plekke te identifiseer. Dis was so duidelik dat dit vir my gevoel het asof ek werklik daar staan. Dit was ’n wonderlike uitsig, maar dit het my laat besef hoe die Here ons wêreld moet sien. Die psalmdigter het God se uitsig in die volgende woorde beskywe: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense … dit is Hy wat hulle verstand gevorm het … dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer … om hulle van die dood te red en hulle in die lewe te hou in hongersnood” (Psalm 33:13-19). Anders as ’n gevoellose satteliet, kyk die Here met ’n hart van liefde na ons, wie ons ook al is en wat ons doen. Die Bybel toon duidelik aan dat Hy verlang dat ons Hom sal vertrou en in sy weë wandel. Ons is altyd sigbaar vir die Here en Hy hou diegene wat op Hom vertrou, gedurig dop. Sy oë is op ons. Vir almal wat die Vader ken, deur geloof in sy Seun Jesus Christus, is dit bemoedigend om te weet dat ons elke dag in sy gesigsveld is. Hy sien ons en sy oë is op ons. Wat ’n wonderlike wete!