Toe my kleindogter vir ’n tydjie by ons ingewoon het, het sy my gedurig gevra: “Wat op aarde doen, Oupa?” Sy het die vraag oor en oor herhaal. Óf ek nou met my rekenaar gewerk het, óf besig was om skoene aan te trek, of buite gesit en lees het, my vrou in die kombuis gehelp het, ja, waar ek ook al besig was, het sy na my toe gekom en dieselfde vraag gestel. Nadat ek talle kere geantwoord het: “Betaal rekeninge,” “Gaan winkel toe,” “Help vir Ouma,” “Lees die koerant,” het ek eindelik besef dat sy ’n baie belangrike vraag oor en oor gestel het. Om ’n nuuskierige dogtertjie te vertel waarmee ons besig is, is een ding, maar om die Here se vrae oor ons optredes te beantwoord, is ’n heel ander saak. Sou dit ons nie help as die Here van tyd tot tyd langs ons sou kom staan en vra: “My kind, waarmee is jy besig?” Miskien sou ons dan insien hoe leeg en betekenisloos ons optredes is. “Ek kyk die hele aand TV.” “Ek eet meer as wat ek behoort te eet.” “Ek laat al weer ’n dag verbygaan sonder om met U te praat.” “Ek is besig om met my eggenoot te stry.” Ja, die lys kan nog baie uitgebrei word – en dit plaas ons in ’n verleentheid. Ons word beveel om alles tot God’s eer te doen (Kol. 3:23). Paulus het gesê: “Wees baie versigtig hoe julle lewe” (Efes. 5:15). Dit is dus ’n goeie vraag: “Wat op aarde doen jy?”