Elke jaar wanneer Meimaand aanbreek, wens ek so dat ek maar die oorlosie kon stop. Ek is so bly as die doodsheid in die natuur deur nuwe uitspruitsels vervang word. Ek is dankbaar dat hulle nie deur die harde klei en droë takke gekeer word nie. Binne ’n paar weke word die dorre landskap omskep deur bome met pragtige en kleurryke blomme en die heerlike geur van lente. Dan wens ek dat die dae nie moet verbygaan nie. Gedurende Meimaand kom ek ook by 1 Konings in my Bybellees program. Wanneer ek by hoofstuk 10 kom, kry ek dieselfde gevoel. Ek wil ook die verhaal stop. Die volk Israel het vooruitgegaan. Koning Salomo het die pragtige tempel vir God gebou en Hy het sy huis met sy teenwoordigheid vervul. Eindelik het die volk ’n regverdige koning gehad en ek hou van gelukkige eindes. Maar die verhaal eindig ongelukkig nie daar nie. Dit vervolg: “Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens” (1 Konings 11:1). En sy vroue het “hom verlei om ander gode te dien” (vs. 4). En net soos die seisoene in die natuur, wissel ook die seisoene van die lewe. Geboorte, sterwe, sukses, mislukking, sonde en skuldbelydenis. Alhoewel ons nie die mag het om die oorlosie te laat stop wanneer ons goeie tye beleef nie, kan ons op God se beloftes vertrou, die belofte dat al die slegte tye uiteindelik sal ophou. (Openbaring 21:4).