Felipe Massa van Brasilië moes die Formule Een Grand Prix wat in 2008 in Singapore gehou is, gewen het. Maar toe hy brandstof ingeneem het, het hy weggejaag voordat die brandstofpyp verwyder is. Teen die tyd dat sy span die pyp verwyder het, het hy soveel tyd verloor dat hy 13de geëindig het. Paulus het vir Timoteus gewaarsku teen iets anders wat hom probleme kon veroorsaak en tot neerlaag lei, naamlik “die dinge van die gewone lewe” (2 Timoteus 2:4). Hy het Timoteus aangemoedig om nie toe te laat dat iets sy aandag van die Here weglei sodat hy nie die taak van sy Meester sou doen nie. Daar is so baie dinge in hierdie wêreld wat ons van die Here weghou soos stokperdjies, sport, TV en rekenaar speletjies. Aanvanklik mag ons dink hierdie dinge is slegs daar om ons brandstof aan te vul. Later ontdek ons egter dat dit soveel van ons tyd in beslag neem en die doel wat die Here vir ons in gedagte het teenwerk, naamlik om die goeie nuus van Jesus uit te dra en Hom met ons gawes en tyd te dien. Paulus het Timoteus gewaarsku dat hy nie moet toelaat dat die dinge van die wêreld vir hom ’n struikelblok word nie (2 Tim. 2:4). Indien jy die Here Jesus wil behaag, moet jy nie deur die dinge van die wêreld verstrik word nie. Johannes herinner ons aan hierdie waarheid: “Die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe” (1 Joh. 2:17).