Het jy al ooit nagedink oor al die wonderlike eienskappe wat God aan die verskillende diere gegee het? Job het wel, en een van die interessantste waaroor hy geskryf het, is die volstruis. Ten spyte van sy oënskynlike gebrek aan verstand en sy vreemde optrede as ouer, oorleef die nageslag soos in Job 39:13-16 beskryf word. En alhoewel dit ’n voël is, kan dit nie vlieg nie – maar aan die ander kant kan dit vir ’n perd weghardloop (vs. 21). Nog ’n vreemde skepsel van God is die bombardier kewer. Hierdie insek wat in Afrika voorkom, skei twee stowwe, waterstof en peroksiet vanuit twee stoorkamers aan sy rug vasgeheg, af. Apart is hierdie stowwe onskadelik, maar saam verblind hulle die vyand van die kewer. Daar is ’n spesiale spuitkop binne die kewer wat hierdie twee stowwe meng en dan word die kewer se aanvallers daardeur verblind. En hierdie klein kewertjie kan sy wapen in enige rigting laat skiet. Hoe is hierdie dinge moontlik? Hoe kan die onnosele volstruis oorleef, waar dit skynbaar nie by magte is om vir sy kleintjies te sorg nie, terwyl die bombardier kewer sulke wonderlike chemiese toerusting ontvang het om homself te verdedig. Dis omdat God se skeppingsvermoë geen grense het nie. Die psalmdigter sê: “Hy het beveel en hulle is geskep” (Psalm 148:5). Vanaf die volstruis tot by die kewer is God se handewerk duidelik sigbaar vir almal. “Laat … [ons] die Naam van die Here prys” (Psalm 148:13).