Terwyl ’n skeidsregter ’n sagtebalwedstryd van dogters hanteer het, het een van die ma’s skielik begin om in ’n sangstem uit te roep: “Ons wil ’n nuwe skeidsregter hê. Ons wil ’n nuwe skeidsregter hê.” Na ’n rukkie het ander ouers ook begin om die uitroep te herhaal. Die skeidsregter het geglimlag en na die toeskouers gekyk en hard uitgeroep: “Ek wil ander ouers hê! Gee my ander ouers!” Spoedig het die uitroepe stil geword. Dis so belangrik dat ouers ’n goeie voorbeeld vir hulle kinders stel, want kinders hou hulle ouers dop. Christenouers kan goeie gewoontes en maniere by hulle kinders aanmoedig deur die volgende te doen: * Deur met hulle en vir hulle te bid – sodat hulle kan leer om met God te praat. “Volhard in die gebed” (Kolossense 4:2). * Deur die Bybel vir hulle te lees en hulle te leer om dit te doen – sodat hulle God se waarheid kan leer. “Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan” (Deut. 6:7) * Vertel hulle van Jesus en lei hulle om Jesus as Verlosser aan te neem “As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Johannes 3:3). Die beste manier om ’n goeie voorbeeld vir jou kinders te stel is om jou geloof voor hulle uit te lewe. Terwyl hulle kyk, leer hulle die meeste in verband met dit wat die belangrikste in die lewe is.