Twee jongmans, bedag op skelmstreke, het ’n bus wat sendingwerkers vervoer, genader. Dit was in ’n minderbevoorregte voorstad in Duitsland geparkeer. Die sendelinge was daar om kos aan die mense te gee en so ’n geleentheid te kry om die evangelie oor te dra, maar die twee jongmanne met skedelpette op hulle koppe, was daar om kwaad te stook. Die sendelinge se reaksie was egter hoegenaamd nie soos wat die booswigte verwag het nie. Die sendelinge het hulle hartlik verwelkom en met hulle begin gesels. Heel verbaas oor die houding van die sendelinge, het die jongmans lank genoeg vertoef om die evangelie te hoor. Een van hulle het Jesus daardie dag aangeneem en die ander een die volgende dag. Hierdie twee jongmanne en die sendelinge was kultureel ligjare van mekaar verwyder. Die jongmanne was Duitsers en die sendelinge Amerikaners. Die manne was in ’n duistere kultuur betrokke, terwyl die sendelinge skynende ligte, en getuies vir Christus was. Die kulturele gaping is oorbrug deur koekies uit te deel en ongeveinsde liefde te betoon. Kyk ’n bietjie na die mense om jou. Hoe kan jy deernis en liefde aan diegene anderkant die kulturele skeidslyn betoon? Hoe kan jy die brug oorkom en daardie mense help om die liefde van Jesus te ontdek? Kruis die brug! Neem Christus na daardie kultuurgroep al verskil hulle heeltemal van jou.