Onthou jy nog die tyd toe telefone daar was om oproepe te maak? Maar nou, met die koms van die selfoon, het die foon ’n vergaderplek van inligting geword. Daar is rekenaarprogramme toegevoeg en jy kan inligting oor sport verkry, allerhande speletjies speel, toere beplan, ’n woonplek soek – ja nog enige van duisende ander dinge ekstra doen. Inderdaad, 100,000 ander take het moontlik geword en is nou ’n eks of ekstra tot die gewone foon. Dis nogal indrukwekkend, maar die ekse wat tot die foon toegevoeg is, is niks in vergelyking met die ekse wat die Bybel aan ons gee nie. Die “toevoegings” wat die Bybel bied, is direkte notas wat die Here aan sy kinders gee om hulle te help sodat hulle sy Woord op elke terrein van die lewe kan toepas. Kyk byvoorbeeld na Filippense 2. Die eenheid eks (2:2) die nederigheid eks (2:3) die nie kla eks (2:14) die skynende lig eks (2:15). Of kyk na die ekse in Efesiërs 5. Die navolging van God eks (5:1), die wandel in liefde eks (5:2), die reinheid eks (5:3) en die tong eks, (5:4). Spreuke wemel van ekse, riglyne om reg te lewe. Jy hoef nie te wag dat iemand hierdie dinge op internet aan jou toon nie. Maak jou Bybel oop en jy sal honderde ekse ontdek om die waarhede van die Bybel in jou lewe toe te pas. Het jy vrae oor die Christelike lewe? Kyk in die Bybel. Die ekse is daar en wag net om ontdek te word.