Erin se lewe was so anders as dié van ander 8 jarige kinders. Terwyl ander buite rondgehardloop, gespeel en roomys geëet het, het Erin in ’n bed gelê en is sy deur ’n buis gevoed. Sy kon net die hardste geluide hoor en die helderste ligte sien. Haar hele lewe het bestaan uit naalde, verpleegsters en besoeke aan hospitale terwyl sy met haar siekte en ernstige gebreke geworstel het. Bygestaan deur ’n wonderlike familie wat haar met liefde en deernis versorg het en haar lewe met liefde gevul het, het sy net nege kort jare gelewe. Sy is dood voordat sy haar negende verjaarsdag kon vier. Wat kan ons van Erin leer, ’n kindjie wat nooit gepraat het,’n lied gesing het of ’n prent ingekleur het nie? ’n Vriend van die familie het gesê: “Ons is vandag almal beter mense omdat ons Erin geken het. Sy het ons deernis geleer, liefde getoon en was dankbaar vir selfs die kleinste dingetjie.” Kinders soos Erin herinner ons daaraan dat die wêreld nie uitsluitlik bedoel is vir die volmaakte, die ryke en die atletiese nie. Elke persoon, ongeag sy fisiese, verstandelike en emosionele kondisie is deur God en na sy beeld, geskape (Genesis 1:26-27). Daarom is elkeen waardevol. Jesus het deernis met die swakkes, gebrokenes, en alles wat Hy gemaak het (Psalm 145:8-9). Ons behoort sy omgee te toon (Efesiërs. 5:1-2). Is daar ’n “Erin” in jou lewe van wie jy iets kan leer?