Gedurende 1970 het die Beatles begin werk aan ’n dokumentêre film wat sou wys hoe hulle musiek tot stand kom. Maar in plaas van om die proses van musikale kreatiwiteit aan te toon, het die film die gordyn oopgetrek en al die selfsug en onderlinge stryd ontbloot. Die orkeslede was almal meer besorg oor hulle eie liedere as oor die vooruitgang van die groep as geheel. Kort nadat hierdie projek voltooi is, het die groep uitmekaar gespat vanweë onenigheid en kwaaivriendskap. Dis ’n eeue oue probleem. Gedurende die eerste eeu n.C. het Paulus gevrees dat die gelowiges in die kerk in Filippi in die lokval van selfsug sou verval. Hy het geweet dat wanneer persoonlike voordeel en vooruitgang die belange van die groep oorheers, dan sou daar gou verdeeldheid en kwaaivriendskap heers. Om hierdie gevaarlike neiging teen te staan, het Paulus die volgende ernstige waarskuwing gegee: “Moet niks uit selfsug of of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander” (Filippense 2:3-4). Wat sou ’n dokumentêre film oor jou lewe aandui? Selfsug of onselfsugtigheid? Ons word opgeroep om na mekaar om te sien, want onselfsugtige dienslewering sal ons help om eenheid in ons kerklike kulture te vestig. Hoe is dit in julle gemeente gesteld?