’n Handelaar in oudhede het ’n gekreukelde ou bofbalkaartjie gevind en gedink dat dit moontlik 10 dollar werd kan wees. Sy het egter begin wonder of dit nie miskien meer waardevol is nie en het dit toe na ’n professionele waardeerder gestuur. Hy het bevestig dat die foto op die kaart van 1869, ’n foto van die Cincinnati Red Stockings, die eerste professionele bofbalspan in die VSA, was. Die kaart is later verkoop vir $75,000. Mike Osegueda het ’n artikel in die Fresno Bee geskryf en gesê dat alhoewel die kaart verkreukeld en verkleurd was, was die belangrikste feit dat dit eg was – ja outentiek! Paulus en sy metgeselle het baie gely terwyl hulle die evangelie verkondig het. In 2 Korintiërs 6 beskrywe hy die lyding wat hulle deurgemaak het, asook hulle innerlike en geestelike kragbronne (vs. 47). Probeer jou voorstel hoe swaar hulle gekry het. Hulle is geslaan, maar het geduld openbaar; in die tronk gestop, maar het vriendelikheid betoon; het hartseer ondervind, maar met liefde reageer. Alhoewel hulle fisies gebroke was en emosioneel afgetakel, het die egtheid van hulle geloof in Christus duidelik deurgeskemer. “As bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles” (2 Korintiërs 6:10). In ons wandel met Jesus is een ding onontbeerlik: geestelike egtheid.