Die Puriteine wou alles in die wêreld
met God verbind en sodoende die
heilige en die sekulêre byeenbring. Hulle
het ’n gesegde gehad wat so lui: “God is
lief vir bywoorde; Hy gee nie om hoe
goed iets is nie, maar hoe goed dit gedoen
word.” Bywoorde beskryf werkwoorde –
woorde wat ons optrede uitbeeld. Die
gesegde van die Puriteine impliseer dat
God meer omgee vir die gees waarin ons
lewe as vir die konkrete resultate.
Om die Here te plesier beteken egter nie
dat ons ’n nuwe stel “geestelike” aktiwiteite
moet ontwerp nie. Soos die Puriteine
dit gestel het: óf ons besig is om huis
skoon te maak, preke te lewer, handewerk
te doen, óf die Bybel te vertaal – enige
menslike aktiwiteit kan so gedoen word
dat dit ’n offergawe aan God is.
Ons spandeer baie tyd aan wêreldse
dinge. “Maar ons, ons het die Gees van
Christus” (1 Korintiërs 2:16) sê Paulus.
Dis asof hy ons daaraan wil herinner. Daardie waarheid moet alles
wat ons doen reguleer. Om ’n kindjie se vuil gesiggie te was, of
op die voorstoep met ’n buurman te sit en gesels, of na ’n kliënt se
klagtes te luister, in ’n hospitaal besig te wees om state in te vul,
in die verkeer vas te sit, hout te saag of inkopies te doen – ja, alles
wat ons doen moet vir Jesus gedoen word.
Ons het geloof nodig en die “Gees van Christus” om agter te
kom wanneer iets blywende waarde het, selfs in die gewone
dagtakies.