Keith Severin en sy 7-jarige seun,
Adrien, het op 1 Januarie 2008 besluit
dat hulle ten minste 15 minute elke dag
sou deurbring deur na “skatte” te soek.
Carlos Alcalá beskryf in ’n artikel in die
Sacramento Bee hoe hulle elke dag,
ongeag die weer, uitgegaan het om te kyk
wat hulle kon vind. ’n Jaar later het hulle
versameling die volgende ingesluit: muntstukke,
gholfballe, bottels en blikke wat
herbenut kon word en nog verskeie ander
items wat altesaam ongeveer $1000
ingebring het. Afgesien daarvan het hulle
kosbare tydjies saam benut.
Indien ons vyftien minute per dag sou
gebruik om na skatte in die Bybel te soek,
wat sou ons dan vind? Salomo skryf:
“[As] jy [gesonde begrip soos] silwer sou
soek” en dit soos ’n verborge skat opspoor,
“sal jy weet hoe om die Here te dien … jy
[sal] insig kry in wat regverdig en reg en
billik is en … jy [sal] op die goeie pad bly”
(Spreuke 2:4,5,9).
Geestelike groei kom nie sommer oornag nie. Maar geleidelik,
dag vir dag word ons verander deur die lees van God se Woord en
die oordenking daarvan en deur dit te gehoorsaam. En dink net
wat ’n voorreg en seën is dit om kosbare tyd met jou hemelse
Vader deur te bring.
Dit begin met ’n definitiewe besluit en volharding en dit lei tot
interessante ontdekkings, wonderlike geestelike skatte en kosbare
waarhede wat die lewe sal verryk.
Skattejag
Lees: Spreuke 2:1-9 Die Bybel In Een Jaar: Genesis 1-3
Soek dit [wysheid]
soos jy silwer sou soek,
spoor dit op soos ’n
verborge skat. Dan
... sal jy ontdek wat
dit is om God te ken.
–Spreuke 2:4-5
Ryke skatte in God se Woord,
wag net om ontdek te word.
Soek deur die kosbare skat van die Woord,
Soek met volharding, dis soos dit hoort.
Soek Christen en jy sal sekerlik vind,
God belowe skatte aan sy kosbare kind. –Anon
Our Daily Bread Topics:
Uncategorized