Op Palmsondag 1981 was miljoene Amerikaners baie opgewonde in afwagting vir die lansering van die bemande ruimteskip, Columbia. Meer as 80,000 mense het in Florida se Kennedy Ruimtesentrum byeengekom om die lansering van die volk se eerste ruimteskip te aanskou. Duisende het in nabye strate geparkeer sodat hulle die beste moontlike uitsig kon kry. En talle ander het die gebeure oor die televisie dopgehou. Toe die aftelling die laaste tien sekondes bereik het, het die hele volk saam die sekondes afgetel. En toe het die groot ruimtetuig opgestyg. Oranje vlamme en gasdampe het die terrein gevul en skokgolwe het deur die lugruim geskiet. Die hoop vir alle toekomstige bemande ruimtevlugte het skynbaar op die sukses van hierdie een gerus.
Hoe belowend en wonderlik hierdie gebeurtenis ook al was, dis absoluut niks in vergelyking met ’n ander komende gebeurtenis nie – die wederkoms van ons Here Jesus na hierdie aarde. Hy sal ’n nuwe era inlui, so wonderlik as wat ons nog nooit beleef het nie. Wanneer Hy met mag en heerlikheid op die wolke kom, sal alle ander gebeure en verwagtinge soos niks wees nie, leeg en dwaas.
Die heerlikheid van dit wat die mens die hemelruim in lanseer, is absoluut niks in vergelyking met die heerlikheid wat Christus na die aarde sal bring wanneer Hy weer kom nie! Dit sal onbeskryflik wees! Is ons gereed daarvoor! – Mart De Haan