In Dare to Believe vertel Dan Bauman ’n verhaal wat die unieke ondervinding illustreer, naamlik dat ons weet iets is ons s’n, maar ons verlang steeds om dit meer volkome te geniet. Elke jaar gedurende Kersfees het hy baie rondgesnuffel en probeer uitvind wat in die toegedraaide geskenkpakkies ingesluit was. Een jaar het hy ’n pakkie met sy naam ontdek en dit was vir hom maklik om sien wat daar ingesluit was, want sy ma kon nie die gholfstokke vermom nie.

Baumann skryf: “Wanneer Ma nie naby was nie, sou ek die pakkie bevoel, skud en my verbeel dat ek op die gholfbaan was. Die punt is, ek het alreeds die plesier van ’n toekomstige gebeurtenis geniet; naamlik om dit oop te maak. My naam was daarop geskrywe. Ek het geweet wat dit was. Maar eers tydens Kersfees sou ek dit volledig besit.”
Dis presies hoe dit met ons as gelowiges gesteld is. Ons wag op dit wat God in die hemel vir ons voorberei het. Hy skryf: “Ons sal verheerlik word, maar ons begin nou reeds die verheerliking smaak… Hierdie lewenskwaliteit begin die oomblik wanneer iemand Christus aanneem en so aan sy lewe deel kry. Ons het die ewige lewe – hier en nou – maar dis nog slegs ’n voorsmakie van die volheid wat wag. God maak ons lus vir die hoofgereg wat eers later volg.”

Christene het inderdaad rede om te juig in die hoop! – Richard De Haan