Die rampe, gebroke harte en ongeregtighede wat ons in die wêreld om ons sien, is ’n bewys dat Hebreërs 2 vers 8 waar is. Ons lewe in ’n onvolmaakte wêreld waarin baie dinge buite ons beheer is. ’n 30 Jarige boer wat nie sy skuld kan betaal nie, wens dat iets kon gebeur sodat droogtes beëindig word. ’n Jong moeder met 3 klein kindertejies wie se man in ’n vliegramp oorlede is, kan nie verstaan waarom tegnologie nie sulke rampe kan verhoed nie. ’n Welopgevoede en geleerde professionele man praat van selfmoord omdat hy glo dat ons op ’n kernramp afstuur.
Dis maar te duidelik dat die menslike geslag nie behoorlik beheer oor die aarde uitoefen soos wat ons geskape is om te doen nie. Maar alhoewel ons dit weet, vervul dit ons nie met wanhoop en moedeloosheid nie. Ons kyk op en sien Jesus aan die regterhand van God. Ons weet dat Hy oor alle mag beskik as gevolg van dit wat hy 2000 jaar gelede aan die kruis gedoen het. Hy het as mens gelewe, sonde oorwin, die prys vir ons sondes betaal en die mag van die dood gebreek. Hy is in volle beheer van die ganse skepping – ja, selfs nou. Eendag sal Hy na die aarde terugkeer om alles hier reg te stel. Nou egter sien ons Hom met die geloofsoog en ons ondervind innerlik rus en vrede omdat ons weet dat Hy in volle beheer is. Wees dus bly en dankbaar, ongeag wat gebeur. God is in volle beheer. – Herb Vander Lugt