Frank M. Fairchild vertel van ’n pragtige muurskildering teen die plafon van ’n Paleis in Rome. Geskilder deur Guido Reni in 1614, was dit beskou as een van die mees indrukwekkende skilderye van daardie tyd. Maar besoekers kon dit nie mooi bekyk nie, omdat hulle hulle nekke agteroor moes buig om dit te sien. Om die probleem op te los het beamptes van die paleis ’n groot spieël op die vloer onder die skildery aangebring en dit het besoekers gehelp sodat hulle die skoonheid beter kon waardeer.
Fairchild sê:”Jesus Christus doen presies dit vir ons wanneer ons probeer om iets van God te begryp…. Hy interpreteer God aan ons dwase harte. In Hom word God vir ons sigbaar en kan ons ’n begrip van Hom kry. Ons kan nie deur ons eie soeke God vind nie. Hoe meer ons probeer, hoe meer deurmekaar word ons. Dan verskyn Christus op die toneel. Hy is God wat na ons toe neerbuig en Hy help ons eenvoudige denke om ’n ware begrip van God te kry.”
Christus het na die wêreld gekom om God aan ons bekend te maak. Maar Hy is meer as net ’n afskynsel van die Vader. Hy is God in menslike gestalte – “die ewebeeld van die wese van God” (Hebreërs 1:3). En Jesus het ook gesê: “Wie My sien, sien die Vader” (Johannes 14:9) .
As ons nadink oor die wonder van die vleeswording van God, kan ons saam met die psalmdigter uitroep: “Kom buig dan in aanbidding, Christus die Heer.” – Richard De Haan