Die meeste godsdienste is pogings van die mens om uit te reik na God en vir Hom aanvaarbaar te word. So sal pelgrims in Sjina die heilige berg Taishan bestyg. Hulle klim 7,000 trappe en gaan eers deur die “middelste hek” dan deur “die hemel se suidelike hek.” Eindelik bereik hulle die Tempel van die Azure Cloud. Hier bring hulle offers en glo dat hulle so God se guns kan wen. Maar al hierdie inspanning bring hulle niks nader aan God nie. Hulle is nog net so ver van Hom af as toe hulle die eerste trap bestyg het.
In kontras hiermee begin die Christelike geloof wanneer God, uit genade alleen, neerbuig na ons toe. Hy is so heilig dat sondaars onmoontlik by Hom kan uitkom, as Hy nie die gaping oorspan nie. En dis presies wat Hy gedoen het. Deur die wonder van die menswording het Hy vlees geword en Homself geoffer as ’n eenmalige offer vir die sonde van die wêreld. Nadat Hy uit die dood opgestaan het, het Hy teruggegaan na die hemel en sy hemelse heerlikheid. Dit het Hy vir ons gedoen. Ons aandeel is om te bely dat ons sondaars is, alle pogings om onsself te probeer red, af te lê en Jesus as Verlosser te vertrou.
Diegene wat nog hoop om deur inspanning die trappe te bestyg en God te bereik, kan maar opgee. Daardie trappe lei na nêrens. Instede daarvan, neem die belangrike stap om Jesus as Verlosser aan te neem. Dis die enigste stap wat na die hemel lei.

Dennis De Haan