Stel jouself twee tienermeisies voor. Die een sterk en gesond. Die ander gekluister aan ’n rolstoel. Van haar rolstoel staar sy nie net die emosionele uitdagings eie aan die lewe in die gesig nie, maar ook dié van fisiese pyn en worsteling. Maar beide meisies glimlag vrolik en geniet mekaar se geselskap. Twee pragtige tieners – elk sien die skat in die ander se vriendskap. Jesus het baie van Sy tyd en aandag gewy aan mense soos die meisie in die rolstoel. Mense met gestremdhede of fisiese gebreke, asook diegene wat deur ander benede hulself geag word. Trouens, Jesus het toegelaat dat een van “daardie mense” Hom met olie salf, tot die minagting van die godsdienstige leiers (LUK. 7:39). Op ’n dag, toe ’n vrou haar liefde met ’n soortgelyke daad gedemonstreer het, het Jesus vir haar kritici gesê, “Laat staan haar … Sy het ’n goeie daad aan My gedoen” (MARK. 14:6). Almal is vir God ewe kosbaar; daar is geen onderskeid in Sy oë nie. In werklikheid, het ons almal ’n dringende behoefte aan
Christus se liefde en vergifnis. Sy liefde vir ons het Hom aangespoor om aan die kruis te sterf. Mag ons elke persoon sien soos Jesus hulle sien: in God se beeld gemaak en waardig van Sy liefde. Laat ons almal, wat ons
teëkom, met Christelike gelykheid behandel en leer om skoonheid soos Hy, te sien.