’n Groot akademiese projek het swaar op my gelê, en ek het my verknies of ek dit gaan klaar hê teen die spertyd. Te midde van my beklemde gedagtes het ek drie bemoedigende notas van vriende gekry wat my aangehelp het. Elkeen het gesê: “God het jou in my gedagtes gebring vandag toe ek gebid het.” Ek het klein en aangemoedig gevoel dat hierdie vriende my sou kontak sonder om te weet waardeur ek gaan, en het geglo God het hulle gebruik as sy boodskappers van liefde.

Die apostel Paulus het die krag van gebed geken toe hy vir die mense in die kerk van Korinte geskryf het. Hy het gesê hy vertrou dat God sou aanhou om hulle te red van gevaar “deur vir ons te bid” (2 Korintiërs 1:10–11). En wanneer God hulle gebede beantwoord, sal Hy verheerlik word as die mense Hom dank bring vir die beantwoording van “die gebede van baie” (vs. 11).

My vriende en Paulus se ondersteuners was besig met die bediening van voorbidding, wat Oswald Chambers “’n bedekte bediening wat vrug voortbring waardeur die Vader verheerlik word”, noem. Terwyl ons ons gedagtes en harte op Jesus fokus, vind ons dat Hy ons vorm, ook hoe ons bid. Hy bemagtig ons om die geskenk van ware voorbidding aan vriende, familie en selfs vreemdelinge, te gee.

Het God iemand in jou hart en gedagtes geplaas vir wie jy kan bid?