Raleigh lyk na ’n kragtige hond – hy is groot en gespierd met ’n dik pels en weeg meer as 45 kg! Ten spyte daarvan is hy goed met mense. Sy eienaar neem hom na verpleeginrigtings en hospitale toe om mense te vermaak. Op ’n dag wou ’n vierjarige dogtertjie hom vertroetel, maar sy was bang om naby te gaan. Uiteindelik het haar nuuskierigheid die oorhand gekry en sy het met hom gepraat en vertroetel. Sy het ontdek dat, selfs al is hy sterk, hy ’n sagte wese is. Die kombinasie van dié eienskappe herinner my aan wat ons van Jesus in die Bybel lees. Jesus was toeganklik – Hy het kinders verwelkom (MATT. 19:13-15). Hy was goed vir ’n owerspelige vrou (JOH. 8:1-11). Barmhartigheid het Hom gemotiveer om skares te leer (MARK. 6:34). Terselfdertyd was Jesus se mag verstommend toe Hy duiwels verslaan het, hewige storms gestil, en dooies opgewek het! (MARK. 1:21-34; 4:35-41; JOH. 11). Die wyse waarop ons na Jesus kyk, bepaal hoe ons met Hom assossieer. As ons slegs op Sy krag fokus kan ons Hom soos ’n superheld, van ’n strokiesverhaal, met afsydige aanbidding vereer. Tog, as ons Sy goedheid oorbeklemtoon, kan ons Hom te ongeërg behandel. Die waarheid is dat Jesus gelyktydig beide is – groot
genoeg om ons gehoorsaamheid te verdien, tog nederig genoeg om ons Sy vriende te noem.