Gedurende die Boxer opstand in China in 1900 het sendelinge, wat in ’n huis in T’ai Yüan Fu vasgevang was, besluit hul enigste hoop op oorlewing is om deur die skare wat hul dood eis, te hardloop. Met behulp van wapens het hulle die onmiddellike bedreiging ontsnap. Toe Edith Coombs merk dat twee van haar beseerde Chinese studente nie ontsnap het nie, het sy na die gevaar teruggesnel. Sy red een, maar met haar terugtog vir die tweede
student het sy gestruikel en is vermoor. Intussen het sendelinge in die Hsin Chou distrik ontsnap en in die platteland weggekruip, vergesel deur hul Chinese vriend, Ho Tsuen Kwei. Terwyl hy ’n ontsnappingsroete verken het, is hy gevange geneem en doodgemartel, omdat hy geweier het om sy vriende se skuilplek te verklap. In die lewe van Edith en Tsuen sien ons ’n liefde wat bo kulturele of nasionale karakter uitstyg. Hulle opoffering herinner ons aan die groot genade en liefde van ons Verlosser. Toe Jesus op Sy arrestasie en daaropvolgende teregstelling wag, het Hy ernstig gebid: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. “ Maar Hy sluit Sy versoek af met dié onverskrokke voorbeeld van moed, liefde en opoffering: “Laat nogtans nie my wil
nie maar u wil geskied!” (LUK. 22:42). Sy dood en opstanding het vir ons die ewige lewe moontlik gemaak.