Kerri probeer hard sodat mense haar kan bewonder. Sy tree gelukkig op, sodat ander dit kan sien en haar met haar vreugdevolle gesindheid kan prys. Sommige bewonder haar, omdat hulle kan sien hoe behulpsaam sy in die gemeenskap is. Maar in ’n oomblik van deursigtigheid sal Kerri erken, “Ek is lief vir die Here, maar soms voel dit asof my lewe ’n fasade is.” Haar eie sin van onsekerheid skuil agter haar pogings om in ander se oë goed te lyk, en sy sê, dat haar energie opraak om daarmee vol te hou. Ons kan ons seker almal daarmee vereenselwig, want dit is nie moontlik om perfekte motiewe te hê nie. Ons is lief vir die Here en vir andere, maar ons motiewe vir die manier waarop ons die Christelike lewe leef, verwar ons soms met ons begeerte vir waardering of lof. Jesus het in die Bergpredikasie geleer dat as jy gee doen dit “sodat jou goeie daad verborge kan bly” en “as jy bid, gaan na jou
kamer toe … en bid tot jou Vader” en “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie” (MATT. 6:1-6, 16). Bediening word meestal in die openbaar gedoen, maar dalk sal ’n bietjie anonieme diens ons help om in God se opinie van ons, te berus. Hy, wat ons na Sy beeld geskape het, waardeer ons so baie dat Hy vir ons Sy Seun gegee het, en elke dag bewys Hy Sy liefde vir ons.