Ek het gelees van ’n ma wat verbaas was dat haar dogter van haar voete tot haar middellyf vol modder was toe sy van die skool af kom. Sy het verduidelik dat ’n maatjie gegly en in ’n modderpoel beland het. ’n Ander maatjie het gehardloop en hulp gaan soek, maar sy het by die maatjie gaan sit, wat haar beseerde been vasgehou het.
Toe Job die verpletterende verlies van sy kinders ervaar het en pynlike swere oor sy hele liggaam gekry het, was sy lyding oorweldigend. Die Bybel vertel dat drie van sy vriende hom wou vertroos. Toe hulle Job kry, “… het hulle hardop begin huil, hulle klere geskeur en stof in die lug en op hulle koppe gegooi. Sewe dae en sewe nagte lank het hulle op die grond by hom gesit sonder om ’n woord met hom te praat, want hulle het gesien dat sy smart baie groot is” ( Job 2:12-13).
Job se vriende het aanvanklik merkwaardige begrip getoon. Hulle het aangevoel dat Job net iemand gesoek het wat saam met hom kan sit en treur. Die drie manne sou in die volgende paar hoofstukke begin praat. Die ironie van die saak is dat wanneer hulle wel begin praat, hulle hom met slegte raad bedien (16:1–4).
Die beste wat ons kan doen wanneer ons ’n treurende vriend wil vertroos, is om by hulle te sit in hulle leed.