Ek was die vorige aand laat uit, net soos elke Saterdagaand. Twintig jaar oud, het ek van God weggevlug so vinnig ek kon. Skielik het ek verplig gevoel om die kerk te besoek waar my pa predekant was. Ek het my verbleikte jeans, uitgewaste T-hemp en veterlose tekkies aangetrek en soontoe gery.

Ek kan nie onthou waaroor my pa gepreek het nie, maar ek kan nie vergeet hoe bly hy was om my te sien nie. Met sy arm om my skouer, het hy my aan almal voorgestel. “Dit is my seun!” het hy trots verklaar. Sy vreugde het ’n prentjie geword van God se liefde wat my al die jare bygebly het.

Die beeld van God as liefdevolle Vader kom regdeur die Bybel voor. In Jesaja 44, onderbreek die profeet ’n reeks waarskuwings om God se boodskap van familieliefde oor te dra. “Liewe Israel, my uitverkorene,” het Hy gesê, “Ek sal my Gees uitstort op jou kinders, my seën op jou nakomelinge” (vv. 2–3). Jesaja het opgelet hoe hulle reaksie familietrots sou openbaar. “Die een sal sê: ‘Ek behoort aan die Here,’” het hy geskryf, “die ander sal op sy hand skryf: die Here S’n” (vs. 5).

Opstandige Israel het aan God behoort, net soos ek aan my aanneem-pa behoort het. Niks wat ek kon doen sou ooit sy liefde vir my uitwis nie. Hy het my ’n vlugtige blik gegee van ons hemelse Vader se liefde vir ons.