Ek sal nooit vergeet toe ek die voorreg gehad het om langs Billy Graham te sit tydens ’n ete nie. Ek was geëerd maar ook nogal senuweeagtig oor wat van pas was om te sê. Ek het gedink dat dit interessant sou wees om die gesprek te begin deur te vra waarvan hy die meeste gehou het tydens sy jare van bediening.Was dit om presidente te ken, of konings en koninginne? Of om die evangelie uit te dra na miljoene mense reg oor die wêreld?
Voor ek met nog voorstelle vorendag kon kom, het Ds Graham my gekeer. Sonder huiwering het hy gesê, “Dit was my gemeenskap met Jesus. Om Sy teenwoordigheid waar te neem, om Sy wysheid in te neem, dat Hy my kon lei en leer – dit was my grootste vreugde.” Ek was onmiddellik meteens oortuig en uitgedaag. Oortuig omdat ek nie seker was dat sy antwoord my antwoord sou wees nie, en uitgedaag omdat ek wou hê dit moes wees.
Dit is wat Paulus in gedagte gehad het toe hy besef het dat sy grootste prestasies waardeloos was “want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde” (Filippense 3:8). Dink net hoe kosbaar die lewe sou wees as Jesus, en ons gemeenskap met Hom, ons hoogste strewe was.