My pa is oorlede op 58-jarige ouderdom. Van toe af, staan ek bietjie stil op die datum van sy afsterwe om hom te onthou en te peins oor sy invloed op my lewe. Toe ek besef ek het meer geleef sonder my pa as met hom, het ek begin besin oor die kortstondigheid van my lewe.
Met nabetragting, kan ons stoei met beide ’n gebeure in die verlede, en die gevoelens wat dit in ons wek. Hoewel ons tyd meet met horlosies en almanakke, onthou ons tye oor sekere gebeure. In die oomblikke van die lewe wat ons diepste emosies wek, kan ons vreugde, verlies, seën, pyn, sukses en mislukking ervaar.
Die Skrif moedig ons aan: “Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug. Sela” (Psalm 62:9-10). Hierdie selfversekerde stelling het nie in ’n gemaklike tyd gebeur nie. Dawid het hierdie woorde geskryf, omring deur vyande (vv. 4-5). Nogtans het hy stil voor God gewag (vv. 1, 6), en herinner ons dat God se onfeilbare liefde (vs. 13) groter is as enige stryd wat ons mag trotseer.
Met elke geleentheid het ons hierdie versekering: ons God staan by ons, en hy is meer as bekwaam om ons deur al die lewe se oomblikke te dra. Wanneer die tye van die lewe dreig om ons te oorweldig, sal Sy hulp net betyds wees.