James het na sy aftrede as helikoptervlieënier sy vorige beroep so baie gemis dat hy ’n pos by ’n plaaslike hospitaal aanvaar het. Dit het behels die vervoer van pasiënte per helikopter na en vanaf die hospitaal. Dit het hy tot laat in sy lewe gedoen.
Tydens sy begrafnis jare later, het vriende familie en kollegas in volle uniform by sy graf vergader. Vir oulaas is ’n laaste oproep tot diens oor ’n radio gemaak.’n Helikopter het daarna oor die gedenktuin gesirkel, as laaste eerbetoon vlugtig in die lug gehang en weer vertrek. Selfs nie eens een van die militêre personeel kon die trane terughou nie.
Toe koning Saul en sy seun Jonatan tydens ’n veldslag dood is, het Dawid ’n klaaglied, bekend as ’n “booglied” (2 Sam.1:17) geskryf. “Jou trots, Israel – op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval?” het hy gesing (vs. 19). Jonatan was Dawid se beste vriend en strydgenoot. Alhoewel Dawid en Saul vyande was, het Dawid nogtans albei vereer. “Julle moet huil oor Saul,” het hy geskryf. “Ek is bedroef oor jou , my broer Jonatan” (vv. 24, 26).
Selfs die beste afskeid bly steeds moeilik. Maar vir hulle wat op die Here vertrou is die herinneringe baie meer soet as bitter, want dit is nooit permanent nie. Hoe goed is dit wanneer ons hulle kan vereer wat ander gedien het!