My landloop afrigter het my aangeraai om nie die voortou te neem tydens ’n wedloop nie omdat “die leiers byna altyd te gou uitbrand.” Hy het voorgestel dat ek kort op die hakke van die vinnigste hardlopers bly. Hulle gee die pas aan terwyl ek geestelik en fisies krag spaar om die wedloop te voltooi.

Om te lei kan baie uitputtend wees, om te volg kan bevrydend wees. Om dit te besef het my sport baie verbeter, maar dit het my baie langer geneem om te besef hoe toepaslik hierdie waarheid op christelike dissipelskap is. Ek het gedink om ’n volgeling van Jesus te wees regtig inspanning sal verg. Hierdie denke het my onbewustelik die vreugde en vryheid wat Jesus bied, laat ontbeer (Joh. 8:32, 36).

Maar dit was nooit bedoel dat ons self ons lewe moet rig nie. Jesus het ook nie ’n selfverbeteringsprogram begin nie. Hy het belowe dat as ons na Hom soek, ons rus sal vind (Matt. 11:25-28). Anders as strawwe studie en reëls na te jaag, het Jesus daarop gewys dat deur Hom te ken ons ook die Vader sal ken (vs. 27). Wanneer ons na Hom soek sal ons vind dat ons swaar laste ligter (vv. 28-30) en ons lewens verander word.

Dit is nooit moeilik om ’n volgeling te wees van ons sagmoedige en nederige Leier nie (vs. 29). Dit is die weg van hoop en genesing. Om in Sy liefde te rus, is om waarlik vry te wees.