“Het julle God onlangs aan die werk gesien?” het ek aan ’n paar vriende gevra. Een het geantwoord: “Ek sien Hom aan die werk wanneer ek in die oggend uit Sy Woord lees; ek sien Hom aan die werk wanneer Hy my help om elke nuwe dag te trotseer, ek sien Hom aan die werk wanneer ek ervaar hoe Hy my elke dag lei – ek besef hoe Hy my gehelp het om uitdagings die hoof te bied terwyl Hy aan my vreugde gee.” Ek was dol oor sy antwoord. Dit het gereflekteer hoe God Sy Woord en die alomteenwoordigheid van die Heilige Gees, altyd naby aan hulle bly, en deur hulle werk, wat Hom liefhet.

 

God wat in en deur Sy volgelinge werk, is ’n wonderlike misterie, een waarna die Hebreërsskrywer verwys as hy sy brief afsluit met wat as ’n “seënbede” bekend staan: “Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is” (Hebreërs 13:21). Met hierdie afsluitingswoorde beklemtoon hy die wesenlike boodskap van sy brief – dat God Sy mense sal toerus om Hom te volg en dat Hy in en deur hulle sal werk tot Sy eer.

God se geskenk om in ons te werk kan ons verras; ons kan iemand vergewe wat ons leed aangedoen het, of ons kan geduldig wees met ’n moeilike persoon. Ons “God van Vrede” (vs. 20) versprei Sy liefde in en deur ons. Hoe het jy God onlangs aan die werk gessien?