In Augustus 2015 was ek besig met voorbereidings om ’n universiteit by te woon, toe ek skielik besef dat ek na my graduering moontlik nie na my ouerhuis sal terugkeer nie.
Ek was bang om my gemaksone te verlaat – soos Moses, toe God hom na die farao gestuur het “sodat jy My volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry” (Eks. 3:10). Moses het God wel gehoorsaam en gevolg, maar hy was twyfelagtig en het God versoek om eerder iemand anders te stuur (vv. 11-13; 4:13).
Moses se optrede leer ons dat daar sekere dinge is wat ons moet vermy as ons ’n duidelike roeping ontvang en eerder die dissipels se voorbeeld navolg. Toe Jesus hulle roep, het hulle alles laat staan en Hom gevolg (Matt 4:20-22; Luk. 5:28). Vrees is natuurlik, maar ons kan God se plan vertrou.
Om so ver van die huis af te wees is steeds moeilik. Maar soos ek voortdurend na God soek, open Hy vir my deure wat bevestig dat ek daar is waar ek veronderstel is om te wees.
Wanneer ons gelei word om ’n gemaksone te verlaat kan ons dit óf onwillig doen, soos Moses, óf gewillig, soos die dissipels. Hulle het Jesus gevolg waar Hy hulle ookal gelei het. Dit beteken dat ons soms ’n gemaklike lewe honderde of selfs duisende kilometer ver moet agterlaat. Maar hoe moeilik dit ookal mag wees: om Jesus te volg is beslis die moeite werd.