Nou die dag merk ek’n blerts geel regs van ons oprit op. Ses affodille, saamgedruk tussen twee klippe, het fier en trots geblom. Omdat ek nie doelbewus die bolle geplant, kunsmis of water gegee het nie, kon ek nie uitwerk hoe of hoekom die blomme in ons erf gegroei het nie.

Jesus illustreer die mistiek van geestelike groei met die gelykenis van die groeiende saad. Hy vergelyk die koninkryk van God met ’n boer wat saad saai (Markus 4:26). Hy het moontlik sy beste gedoen om vir die grond te sorg. Maar Jesus sê die saad ontkiem of daardie man slaap, wakker is, of selfs die groeiproses verstaan of nie (vv. 27-28). Die eienaar het gebaat by die oes (vs. 29), hoewel die groei nie afhanklik was van wat hy doen of die proses onder die grond nie.

Die rypwording van die saad in Jesus se gelykenis, soos die blom van my affodille, het in God se tyd gebeur en oor God se groeivermoë. Of ons persoonlike groei oorweeg of God se plan om die kerk uit te brei totdat Jesus terugkeer oorweeg, God se verborge weë is nie afhanklik van ons vermoëns of begrip van Sy werke nie. Nieteenstaande, nooi God ons om die Groeier te ken, dien en prys, terwyl ons die voordele oes van die geestelike volwassenheid wat Hy in en deur ons bewerk .