Terwyl ek deur finansiële boeke blaai, let ek iets interessants op. Meeste boeke gee goeie raad, en sê dat die hoofrede om uitgawes te besnoei, is om later soos miljoenêrs te leef. Een boek het ’n vars sienswyse gehad: om eenvoudig te lewe is noodsaaklik vir ’n ryk lewe. As jy mooier goed nodig het om gelukkig te wees, “… mis jy die doel van die lewe.”
Hierdie woorde het my laat dink aan Jesus se woorde toe ’n man Hom vra om sy broer aan te sê om ’n erflating met hom te deel. Jesus het hom kortaf gewaarsku oor “elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie” (Lukas 12:14-15). Hy beskryf toe ’n ryk persoon se planne om sy oes op te gaar en ’n luukse lewe te lei, met ’n erge einde. Sy rykdom het hom niks gebaat nie – hy het daardie nag gesterf (vv.16-20).
Howel ons verantwoordelik is om ons bronne wyslik te benut, herinner Jesus se woorde ons om ons motiewe te ondersoek. Ons harte moet gefokus wees op God se koninkryk – Hom te ken en ander te dien – nie om ons toekoms te verseker nie (vv. 29-31). Terwyl ons vir Hom leef en vrylik met ander te deel, kan ons nou ’n ryk lewe met Hom hê – in die koninkryk wat betekenis gee aan alle lewe (vv. 32-34).