Gedurende ’n besondere koue winter was ek na Michigan-meer, die vyfde grootste meer in die wêreld om dit gevries te sien. Die uitsig was asemrowend vanaf die strand, waar ek gewoonlik die son indrink. Die water was inderdaad in golwe gevries, wat ’n bevrore meesterstuk geskep het.
Omdat die water solied gevries was tot teenaan die strand, het ek die geleentheid gehad om “op water te loop.” Al het ek geweet die ys was dik genoeg om my gewig te dra, het ek die eerste paar treë huiwerig gegee. Ek was bang dit sal my nie lank kan dra nie. Terwyl ek versigtig op die onbekende terrein was, het ek aan Jesus gedink toe hy Petrus uit die boot op die See van Galilea geroep het.
Toe die disippels Jesus op die water sien loop, was hulle ook bang. Maar Jesus het gereageer: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie” (Matteus 14:26-27). Petrus het sy vrees te bowe gekom en uitgeklim op die water, omdat Jesus daar was. Toe sy dapper treë wankel as gevolg van die wind en golwe, het hy uitgeroep na Jesus. Jesus was nog daar, naby genoeg om net Sy hand uit te steek om hom te red.
As jy vandag in ’n situasie is waar Jesus jou roep om iets te doen wat net so onmoontlik lyk as om op water te loop, hou moed. Die Een wat roep is by jou.