Die jongman was onrustig in die vliegtuig. Sy oë het heen en weer na die vliegtuigvensters gegaan. Toe maak hy sy oë toe en haal diep asem, om homself te probeer kalmeer – sonder sukses. Toe die vliegtuig opstyg het hy begin wieg. ’n Ouer dame het hom aangeraak en rustig met hom gepraat om sy aandag af te lei. “Wat is jou naam? en Waar kom jy vandaan?” “Als sal reg wees,” en “Jy doen goed” was ’n paar goed wat sy gefluister het. Sy kon geïrriteerd met hom wees of hom geïgnoreer het. Maar sy het aanraking en ’n paar woorde gekies. Drie ure later het hy gesê: “Baie dankie dat u my gehelp het.”
Sulke pragtige beelde van saggeaardheid is moeilik om te vind. Goedhartigheid is nie van nature deel van ons almal nie; ons belang is by onsself. Toe Paulus ons aanmoedig, “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar” (Efesiërs 4:32), het hy nie bedoel dit hang net van ons af nie. Nadat ons nuwe lewe verkry het deur ons geloof in Jesus, begin die Gees met vernuwing. Goedhartigheid is die deurlopende werk van die Gees wat ons gedagtes en houdings vernuwe (vs. 23).
Die God van barmhartigheid is aan die werk in ons harte. Dit laat ons toe om ander aan te raak deur uit te reik en woorde van bemoediging te fluister.