Toe ek klein was het ek gekyk hoe my pa braak lande ploeg . Met die eerste verbygaan het die ploeg rotse uitgelig, wat hy weggesleep het. Hy het die land weer geploeg, en weer, om die grond verder op te breek. Met elke verbygaan het die ploeg kleiner klippe uitgelig, wat hy uitgehaal het, keer op keer, tot dit skoon was.
Groei in genade lyk dieselfde. Wanneer ons gelowig word, word sommige “groot” sondes ontbloot. Ons bely dit aan God en aanvaar Sy vergiffenis. Met die jare, soos God se Woord in ons diepste wese insink, bring die Heilige Gees ander sondes na die oppervlak. Sondes van die gees wat ons gedink het maar net ’n nietigheid is, word blootgelê as lelike, onterende houdings en optredes . Sonde soos trots, selfbejammering, klaery, kleinlikheid, vooroordeel, eiesinnigheid, selfsug.
God ontbloot elke sonde sodat Hy dit kan wegwerp. Hy ontbloot om te herstel. Wanneer skadelike houdings uitkom, kan ons soos Dawid bid, “Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot” (Psalm 25:11).
Vernederende ontbloting hoewel pynlik, is goed vir die siel. Dit is een van die maniere waarmee Hy “selfs vir sondaars die pad aan”, “Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle Sy pad” (vv. 8-9).