“Ek het nie besef wat ’n gawe-gebed was, tot my broer siek was en julle almal vir hom gebid het nie. Ek kan nie vertel hoe ’n troos dit was nie!”

Laura het trane in haar oë gehad toe sy my bedank vir die gebede van ons gemeente vir haar broer, wat gewag het op ’n kankerdiagnose. Sy sê “Julle gebede het hom versterk in hierdie moeilike tyd en was bemoedigend vir ons hele familie.”

Een van die beste maniere om vir iemand lief te wees is om vir hulle te bid. Jesus is die opperste voorbeeld hiervan. Die Nuwe Testament vertel ons van Jesus wat vir ander bid op v erskeie geleenthede en wys ons daarop dat Hy namens ons na die Vader kom. Romeine 8:34 sê “… Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.” Selfs na sy onselfsugtige bewys van liefde aan die kruis, hou die opgestane en opgevaarde Here Jesus Christus aan om Sy medelye vir ons te bewys, deur op hierdie oomblik vir ons te bid.

Oral is mense wat ons nodig het om Jesus se voorbeeld te volg en hulle lief te hê met ons gebede, en God se hulp en ingryping te vra in hulle lewens. Ons kan God vra om ons te help om vir hulle te bid, en Hy sal! Mag ons liefdevolle Vader ons die krag gee om die gawe van ons gebed vryelik vir ander te gee vandag.