“Wat het ek gedoen?” Wat een van die opwindendste tye van my lewe moes wees was] een van die eensaamste. Ek het pas my eerste “regte” werk gekry, in ’n stad honderde kilometers weg van my tuisdorp. Die opwinding van die groot stap het gou vervaag. Ek het ’n klein woonstel gehad en geen meubels nie. Ek het nie die stad of enigiemand geken nie. Die werk was interessant, maar die eensaamheid was verpletterend.
Een aand was ek met my rug teen die muur. Ek het my Bybel oopgemaak en in Psalm 16 vers 11gelees dat God ons oorvloedige blydskap belowe. “Here,” het ek gebid, “ek het gedink hierdie werk was die regte ding, maar ek voel so alleen. Vul my asseblief met U nabyheid.” Ek het hierdie versoek op verskeie maniere vir weke gebid. Party aande was my eensaamheid minder en het ek God se teenwoordigheid intens gevoel. Ander aande was ek steeds oorweldigend geïsoleerd gevoel.
Terwyl ek die vers aand vir aand gelees en my hart daarin geanker het , het God stelselmatig my geloof verdiep. Ek het Sy getrouheid op ’n manier ervaar soos nooit tevore nie. Ek het geleer dat my plig bloot was om my hart teenoor Hom uit te stort … en nederig op Sy getroue antwoord te wag en te vertrou op Sy belofte om ons met Sy Gees te vul.