My pa het altyd gesê dat ’n plant wat groei waar dit nie hoort nie, onkruid is en uitgetrek moet word. Ek wou die mielieplantjie wat tussen die ertjies opgekom het los, maar my pa het daarop aangedring dat ek dit moet verwyder, aangesien dit die ertjies sou versmoor en hulle van noodsaaklike voedingsstowwe ontneem.
Mense is nie plante nie. Ons elkeen het ’n eie verstand en ’n godgegewe eie wil. Tog gebeur dit soms dat ons probeer blom waar God ons nie wil hê nie.
Koning Saul se seun, Jonatan, kon dit gedoen het. Hy het alle rede gehad om te verwag dat hy koning sou word. Maar hy het God se seën op Dawid gesien en sy pa se jaloesie en trots herken (1 Sam. 18:12-15). In plaas daarvan om dus na ’n troon wat nooit vir hom beskore was nie te strewe, het hy Dawid se beste vriend geword en selfs sy lewe gered (19:1-6; 20:1-4).
Sommige mag sê dat Jonatan te veel opgegee het. Maar hoe sal ons verkies om onthou te word? Soos die ambisieuse Saul wat aan sy koninkryk vasgeklou en dit tog verloor het, of aan Jonatan wat die lewe van ’n man wat die geëerde voorvader van Jesus geword het, beskerm het?
Gos se plan is altyd beter as ons eie. Ons kan daarteen baklei en dan ’n misplaasde onkruid word. Of ons kan Sy wil aanvaar en florerende, vrugbare plante in Sy koninkryk wees. Dit is ons keuse.