’n Vriendin wat, net soos ons, ’n tiener dogter in ’n motorongeluk verloor het, het ’n huldeblyk aan haar dogter, Lindsay, in die plaaslike koerant geplaas. Een van die hartroerendste beelde in haar essay het so gelees: “Nadat sy melding gemaak het van die baie foto’s en aandenkings van haar dogter wat sy in die huis geplaas het, het sy geskryf: ‘Sy is oral, maar nêrens.’ ”

Alhoewel ons dogters steeds vanuit hulle foto’s vir ons glimlag, is die opgewekte persoonlikhede wat vir daardie glimlaggies verantwoordelik was, nêrens te vind nie. Hulle is oral – in ons harte, in ons gedagtes, in al die foto’s – maar nêrens.

Maar die Skrif leer ons dat in Christus, Lindsay en Malissa nie regtig nêrens is nie. Hulle is in Jesus se teenwoordigheid, “by die Here”(2 Kor. 5:8). Hulle is by die Een wat “nêrens maar oral” is. Buitendien, ons sien God nie fisies nie. Ons het verseker ook nie glimlaggende foto’s van Hom nie. Inteendeel, as jy in die huis rondkyk sal jy ook dink dat Hy nêrens is nie. Maar net die teendeel is waar. Hy is oral!

Waar ons ons ookal op die aarde mag bevind, God is daar. Hy is daar om leiding te gee, om te versterk, en te troos. Ons kan nie gaan waar Hy nie is nie. Ons sien Hom nie, maar Hy is oral. Sefs in elke beproewing wat jy tans beleef – dis goeie nuus.