Ons lewens kan soms in ’n oogwink verander word deur ’n positiewe indruk wat ’n ander op ons laat. Dit is wat in die lewe van die poplegende Bruce Springsteen gebeur het, toe die werke van musikante hom deur sy moeilike kinderjare, gekenmerk deur tye van depressie, gedra het. Vir hom het veral die uitdrukking “Jy kan ’n persoon se lewe binne drie minute met die regte musiek verander,” besondere betekenis gehad.

Soos enige liedjie met treffende woorde kan ’n ander persoon se goedgekose woorde vir ons hoop gee en selfs die koers van ons lewens verander.Die meeste van ons kan sekerlik gesprekke onthou wat ’n impak op die verloop van ons lewens gehad het. Miskien is dit hoekom Spreuke die waarde van wyse woorde beklemtoon en ons aanmoedig om woorde eerder met goeie oordeel te gebruik. Die Skrif gebruik nooit onnodige woorde nie. Inteendeel, ons word geleer dat woorde óf lewegewende óf veroordelende gevolge kan hê (18:21). Met net ’n paar woorde kan ons iemand se geesdrif demp, of met woorde van wysheid en hoop, iemand weer moed gee en versterk (15:4).

Ons het nie almal die vermoë om kragtige musiek te komponeer nie. Tog kan ons almal wysheid van God vra, om ander deur ons woorde te bedien (Ps. 141:3). God kan ons gebruik om deur net ’n paar goed gekose woorde ’n lewe te verander.