Toe ek verby ’n buitemuur stap van die kantoorblok waarin ek werk, was ek verbaas om ’n pragtige blom te sien groei in ’n kraak tussen twee betonblaaie wat op die grond lê. Ten spyte van die beperkende omstandighede het die plant ’n vasklouplek gekry, wortel geskiet in die droë spleet en bo verwagting gefloreer. Ek het later opgemerk dat water, afkomstig van ’n lugversorgingseenheid direk bokant die plant, deur die dag daarop gedrup het. Die plant het nie in die beste omgewing gegroei nie, tog het dit hulp gekry in die vorm van water van bo.

Dis soms moeilik om op ons geestelike pad te vorder, maar as ons saam met Christus volhard, kan ons die hindernisse baasraak. Ons omstandighede mag ongunstig lyk en ontmoediging soos ’n struikelblok voel, maar as ons ons inspan in ons verhouding met Christus, sal ons, soos daardie plant, gedy. Die apostel Paulus het dit so ervaar. Ten spyte van erge swaarkry en uitdagings (2 Kor. 11:23-27) het hy nie tou opgegooi nie. “Ek … span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het … Ek span my in … sodat ek die hemelse prys kan behaal” (Fil. 3:12, 14).

Paulus het begryp dat hy tot alles in staat is deur Christus wat hom krag gee (Fil. 4:13). Ons is ook, indien ons ons inspan met die hulp van die Een wat ons krag gee.