Lank voor Joseph Mohr en Franz Gruber die bekende Kerslied “Stille Nag” geskep het, het Angelus Silesius geskryf:
Kyk! In die stille nag is ’n kind tot God gebore,
En almal is gebring wat eers verlate en verlore was.
Kon maar u siel, o mens, ’n stille nag wees,
Sou God in u gebore word en alles genees.
Silesius, ’n Poolse monnik, het die gedig in 1657 gepubliseer in The Cherubic Pilgrim. Gedurende ons kerk se jaarlikse Oukersaanddiens, het die koor ’n pragtige verwerking van die lied gesing: “Could but Thy Soul Become a Silent Night”.
Die tweeledige geheimenis van Kersfees is dat God een van ons geword het sodat dat ons een mag word met Hom. Jesus het vir alles wat verkeerd was gely sodat ons heelgemaak kon word. Dit is hoekom die apostel Paulus kon skryf: “Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.” (2 Kor. 5:17-18)
Of ons Kersfees gevul is met familie en vriende, of leeg is van alles waarna ons verlang, weet ons dat Jesus gekom het om in ons gebore te word.
Ag, kon ons hart maar ’n krip wees vir die geboorte,
Sou God weereens ’n kind op aarde kon word.