Voordat die sewentiende-eeuse monnik, Broer Lawrence, met sy dagtaak as kok begin het, het hy altyd eers gebid en gevra dat God hom sal help om genadiglik in Sy teenwoordigheid te bly; om hom met sy dagtaak te help; en om besit te neem van sy bekwaamhede. Soos wat hy dan gewerk het, het hy voortdurend met God gepraat terwyl hy op Sy leiding gewag het en sy werk aan Hom opgedra het. Selfs op sy beisigste het hy vir Sy Maker se genade gevra.
Psalm 89 bied vir ons die regte lewensreël: As ons die grootheid en almag van God gadeslaan kan ons nie anders nie as om ons hele lewe in aanbidding aan Hom te wy. As ons regtig begin verstaan wie God werklik is, kan ons Hom met vreugde dien en die hele dag oor Sy Naam juig (vs. 16-17).
Soms gebeur dit dat ons in ’n lang tou by ’n winkel of ’n lughawe moet staan. Soms moet ons lank op die telefoon aanhou. Gebeur dit wil ons sommer kwaad raak. Dit is juis hierdie tye wat ons as geleenthede moet sien om asem te skep en van God se teenwoordigheid in ons lewens bewus te word (vs. 16).
Ons ondervind ook soms “verkwiste” oomblikke in ons lewe wanneer ons vir iets moet wag of selfs in ’n siekbed moet lê. Ons moet sulke oomblikke juis sien as tussenposes wat ons kan gebruik om ons lewens in die lig van God goedheid en liefde, in oënskou te neem.